Journey

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Journey is ‘n eenman-vertoning van ongeveer 50 minute. Dit is bewegings-teater waarin komposisies vir die liggaam vervleg word met gesproke teks oor reis.

Pieter van Zyl het sy drama-opleiding in Suid Afrika begin by Carol Iljon (stem), Jennifer Louw (beweging), Babs Laker en Ivan Agherdine (drama). Hy het die ‘mime corporel’-tegniek van Etienne Decroux by Corinne Soum en Steven Wasson aan die Ecole de Mime Corporel Dramatique in Londen studeer. As lid van die toneelgroep Theatre de l’Ange Fou (direkteure Corinne Soum en Steven Wasson) het hy oor ‘n periode van drie jaar opgetree in Entangled Lives en The Government Inspector (Gogol), produksies wat o.a. by kunstefeeste in Londen, Edinburgh en België opgevoer is. Hy het ook deelgeneem aan Project Hippocampe, ‘n een jaar ‘mime corporel’-projek in Parys, aangebied deur Thomas Leabhart. As ‘n navorsings-assistent van Thomas Leabhart by die Pomona College, Kalifornie, het hy opgetree in Maid to Marry (Ionesco) wat in en buite Los Angeles opgevoer is.

Pieter is ook ‘n musikant. Hy spesialiseer in klavier en het ‘n B.MUS-graad aan die Universiteit van Stellenbosch en ‘n M.MUS-graad aan die Universiteit van Port Elizabeth verwerf. In 2004 en 2005 was hy die musiek regisseur, vokale afrigter en begeleier van Mother Courage and her Children (Bertolt Brecht) en Spoonriver Anthology (Edgar Lee Majors), produksies aangebied deur die Claremont Colleges, Kalifornië.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar