Ses Snare

Ses Snare

Roekeloos

Die legende van die ses snare leef voort. Leon Ecroignard, Mel Botes, Mathys Roets, Thean Kotze, Wouter van de Venter en Blackie Swart is die Ses Snare.

Die groep het bekend geraak vir die wyse waarop hulle ou treffers afstof en met akoestiese kitaar en stem nuwe kleur aan bekende liedjies gee. Tussendeur is daar ook heelwat oorspronklike musiek wat deur die manne self geskryf is.

Ses Snare se vertonings by feeste soos ABSA KKNK, Aardklop, Innibos en die Volksbladfees was telkens uitverkoop en gehore kon nie uitgepraat raak oor dié opwindende groep nie.

Met meester kitaarspelers soos Mel Botes, Blackie Swart, Leon Ecroignard op die baskitaar, Wouter van de Venter wat die lekker rockklank bring, en Mathys Roets en Thean Kotze wat wat met hulle uitsonderlike stemme die sesmanskap voltooi, kan gehore ‘n konsert vol goeie musiek verwag. ‘n CD en DVD is einde Oktober 2009 vrygestel en is landwyd by musiekwinkels beskikbaar.

Volgens Giep van Zyl, bestuurder van die groep, gaan Ses Snare nie vanjaar afwyk van hulle suksesresep nie: “Ons gaan steeds bekende sowel as oospronklike musiek in die nuwe program insluit, maar ons wil graag die vertoning na ‘n hoër vlak neem. Ons gaan ‘n paar musikaal uitdagende liedjies instudeer en nog meer gebruik maak van elke Snaar se besonderse talente, en op hierdie manier ons repertorium uitbrei. Ons gaan steeds ‘n paar van die vorige produksie se liedjies ook doen, maar daar wag ‘n paar lekker verrassings op gehore wat Ses Snare vanjaar gaan sien.”

Koop / Buy Ses Snare Live @ The Performance Theatre

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Ses Snare
Ses Snare

Lewer kommentaar

Leave a Reply