Spontaneous Combustion Blues Band

(die Wereld se eerste “Internet Blues Band!”)

Een van die grootste plesiere in die lewe vir ‘n musikant is om met ander musikante bymekaar te kom en “eenvoudig te begin speel en musiek te skep op die oomblik”.

In die Blues & Jazz mekka’s van die wereld soos New Orleans, Montreal & Chicago, het sekere areas of straathoeke informele venues geword waar musikante van reg oor die wereld bymekaarkom en eenvoudig begin jam. Dikwels het hierdie musikante mekaar nog nooit ontmoet en kon hulle selfs nie dieselfde taal praat nie, maar wanneer hulle die blues begin speel het, het almal mekaar verstaan. Hierdie tipe musiek het ‘n vars, “spanningsbelaaide” kwaliteit wat kook met energie, vreugde en patos.

Die Boer teater retaurant in Durbanville het onlangs ‘n formele forum vir hierdie tipe musiek geskep, met een groot verkil: Waar hierdie “jams” gewoonlik op straathoeke moes plaasvind net met akoestiese instumente sonder krag en te midde van verkeersgeraas, is daar nou ‘n volledig toegeruste verhoog in ‘n uitstekende akoestiese omgewing. Die resultaat is die verstommende “Spontaneous Combustion Blues band”: die wêreld se eerste Internet Blues Band!”

Die Spontaneous Combustion Blues Band is die kollektiewe naam vir ‘n vinnig groeiende lys van top Suid- Afrikaanse musikante. ‘n Tipiese vergadering bestaan uit 3 “frontmen” op akoestiese of elektriese kitare, klavier of mondfluitjie, en ‘n ritme seksie op bass en dromme. Elke “frontman” moet 6 liedjies na die vertoning bring en die reëls is eenvoudig: Die “orkes” mag nog nooit tevore saamgespeel het nie, en die enigste “kommunikasie” wat toegelaat word… is via die internet!

Die musikante ontmoet mekaar op die verhoog vir die eerste keer voor ‘n lewendige gehoor. Elke “frontman” kry 1 minuut om die liedjie wat hy wil doen aan die ander musikante te probeer verduidelik (en aan die 4 be-oordeellaars in die gehoor!). Daarna moet hy begin en (hopelik) ontstaan ‘n wonderlike “bluesjam”.

Aan die einde gee die beoordelaars ‘n punt uit tien oor hoe suksesvol of katastrofies die poging was.

Van die land se heel beste musikante is aan boord omdat hierdie forum eenvoudig soveel pret is! Anders as die ander groepe waarvan hulle deel is en hul spel byna tweede natuur is, moet hulle in ‘n situasie soos hierdie hard konsentreer, eerstens om musikaal uit die moeilikheid te bly, en tweedens om hierdie ongewone “vryheid” te gebruik om daardie spesiale oomblikke te help skep waarvoor almal daar is.

Die groep vir die volgende SCBB vertoning op 6 Augustus 2010 is:
Simon Orange (klavier en stem); Wayne Pauli (kitaar en stem), Jurgen Human (seremoniemeester, kitaar en stem); Jacques Steyn (bass) en Piet Heyns (drums). Kaartjies is R60 en besprekings kan gedoen word by 021 979 1911.

Lewer kommentaar

Leave a Reply