Sporadies Nomadies

Sporadies Nomadies
Roekeloos
21 Februarie

“Sporadies Nomadies” is ‘n Fokofpolisiekar liedjie. Francois van Coke, Hunter Kennedy en Pierre Greeff voel dat dit hul leefstyl nogal goed opsom.



Die natuurlike progressie hierop was dus dat die manne besluit het om intieme shows te lewer wat Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Lukraaketaar en Van Coke Kartel liedjies akoesties opvoer. Francois, Hunter en Pierre gaan die liedjies in chronologiese volgorde opvoer met staaltjies oor lewe op die langpad en ook dan dieper ingaan oor die die betekenis van hul treffers.

Hunter sê dat “soos ons ouer raak en meer en meer teaters en Barnyard’s en so begin speel het, wou ons kyk of ons iets bymekaar kan sit wat spesifiek vir daai tipe venues cater.”

Jedd Kossew van Van Coke Kartel, Richard Onraet van Black Handed Kites gaan die manne begelei. Die eerste reeks skop af by Die Boer in Durbanville op 11, 12 en 13 Maart en die hele gesin is welkom.

Details:
Datums: 11, 12, 13 Maart
Plek: Die Boer, Durbanville
Prys: R130
Tyd: 20h30
Adres: Chenoweth Straat 6, Durbanville
Kontak: 021 9791199

Die speellys vir Sporadies Nomadies om na uit te sien:

Hemel op die platteland – FPK
Om te kan – Lukraak Kitaar
Monoloog in Stereo – FPK
Wintersdag by die seer – FPK
Verdoof. Vergiftig. Verskoon my – VCK
Oorlewing 101 – DHF
Nare Kaskenades – DHF
Klein Tambotieboom – DHF
Skadu’s teen die muur – VCK
Tot die son uitkom – VCK
Dankie, ek’s veilig hier – VCK
Beloofde land – DHF
Môregloed – VCK
Volkslied – DHF
Leja – DHF
Pêrels en lewensredders – DHF
Ek Skyn(Heilig) – FPK
Tiny Town – FPK

Sporadies Nomadies
Sporadies Nomadies

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply