‘n Vrystaatse violis speel die troefkaart by vanjaar se Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) wat 5 Desember 2022 by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad begin het.

Die kompetisie word met ‘n besielende Finaliste Galakonsert met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) afgesluit. Pieter Joubert, 19, is genooi om vanjaar se gaskunstenaar te wees. Met Maestro Bernhard Gueller op die podium, vind die galakonsert om 18:00 op Saterdag 10 Desember by die ouditorium plaas.

Pieter het verlede jaar die bronsmedalje en naaswenner prys in die NJMK gewen.

Die jong Bloemfonteinse violis is tans ‘n tweedejaar Bmus student onder Prof Farida Bacaharova by die Universiteit van Kaapstad (UK). Sy is vanjaar een van die ses beoordelaars by die NJMK.

Hy is ‘n ywerige deelnemer aan Suid-Afrika se voorste jeugmusiekfeeste, insluitend die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, sowel as die Gauteng en die the Franschhoek Kamermusiekfeeste. Hy het ook as ‘n solis met Vrystaatse Simfonie Orkes en die UK Simfonie Orkes opgetree.

Kaartjies vir die galakonsert is R140 en R110 vir pensioentrekkers en studente en kan by Quicket bespreek word by https://www.quicket.co.za/events/198241-national-youth-music-competition-2022-finalists-gala-concert/?ref=events-list#/.

Die derde ronde, sowel as die galakonsert sal regstreeks op die NJMK se webtuiste, www.nymc.co.za, gestroom word.

·        Toegang is gratis tot 8 Desember 2022 by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow.

Lewer kommentaar

Leave a Reply