Aronskelk / Varkore / Varkblom

Zantedeschia

Die aronskelk in sy verskeidenheid van kleure kan oral oor Suid-Afrika gesien word in die lente en somer.

Dit is ‘n goeie snyblom wat baie lank in water hou. Moet dit asseblief nie langs die pad pluk nie. Kry joune by ‘n kwekery.

Die plante verkies ‘n klam omgewing en ‘n sonnige staanplek.

Jy kry varkore in ‘n verskeidenheid van kleure wat wissel van skakerings van wit, geel, pienk en rooi.

Dit is ‘n mooi potplant. Gebruik goeie tuingrond in jou pot en gee gereeld water.

(foto Derek Ramsey Die foto is van Zantedeschia rehmannii, die rooi-aronskelk.)

Sluit aan by die Gesprek

63 Kommentare

  1. Dit is inderdaad dieselfde plant en daar is plante met 'n verskeidenheid blomkleure beskikbaar. In die natuur is wit die mees algemene kleur.

  2. Ek het dieselfde probleem. Asb is daar iemand wat dalk kan help. Dit lyk of die grond om die stingels weg beweeg van die stingels af. Asb help

  3. My geel varkore maak klomp blare en nie blomme nie.H3lp asb!!!

  4. Dit kan verskeie dinge wees. Meeste van die tyd is dit dat jou grond te veel stikstof bevat. Gee meer water om die stikstof te verwyder. Dit kan egter ook wees dat jou grond nie goed dreineer nie of dat die plant te min sonlig kry.

  5. Die gekleurde varkoor is ‘n bol wat met die regte uitplant metode en die regte voeding meermalig blomme kan verskaf in die tuin. Die gekleurde varkore wil in die son geplant wees om massa blomme te verskaf. Die bolle hou nie van kleigrond nie, want die kleigrond hou te veel vog vas en dit laat die bol dan vrot. Dit is ook nie ‘n goeie idee om jou bolle direk in die grond te plant nie, want dan kan die tuinvurk ‘n gat in die bol druk en sodoende die bolle beskadig. Plant jou bolle in plastiek potte in potgrond en laat sak die pot in die grond. Plant ‘n grondbedekker tussen die potte sodat die grondbedekker kan bo-oor rank en sodoende die bolle afkoel in die warm somer. Sodoende word die bolle beskerm teen die tuinvurk en ook teen die kleigrond.

    VOEDING: Die gekleurde varkoor benodig ‘n ryk grond om meermalig te kan blom. Gooi elke 3 maande ‘n eetlepel vars kompos of erdwurmkompos oor die grond om die grond organismes, wat die voeding vir die bolplant aangee, te vermeerder. Dit is ook beter om die bolplante maandeliks te voed met ‘n opneembare, organiese voedingstof soos NITROSOL of SEEWIER indien jy baie blomme wil he. Die gekleurde varkore groei ook beter en groter indien jy so af en toe spoor elemente as blaarvoeding toedien.

    Na die blomfase is die varkoor geneig om geel blare te ontwikkel, wat dan knak en omval. Sodoende verloor die plant dan al sy blare en stoot eers weer nuwe blare in die lente. Baie tuiniers het deur die jare gedink dat dit normale praktyk is dat die varkoor moet oorwinter. Maar des teenstaande het sekere tuiniers in my Tuinskool gevind dat die gekleurde varkoor nie hoef te oorwinter as die regte voeding gereeld (elke 3 maande) toegedien word nie. By die Tuinskool meng ons verskillende voedingstowwe wat 70 minerale en spoor elemente aan die varkoor verskaf en dien dit elke 3 maande toe bo op die grond, saam met erdwurmkompos om dit af te breek. Hierdie mengsel veroorsaak dan dat die gekleurde varkoor gereeld nuwe bolle groei en elke 3 maande, selfs in die winter, blom. Jy hoef dus nie ‘n bekwame tuinier te wees om jou gekleurde varkore heeljaar in blom te sien nie.

  6. Die gekleurde varkoor is ‘n bol wat met die regte uitplant metode en die regte voeding meermalig blomme kan verskaf in die tuin. Die gekleurde varkore wil in die son geplant wees om massa blomme te verskaf. Die bolle hou nie van kleigrond nie, want die kleigrond hou te veel vog vas en dit laat die bol dan vrot. Dit is ook nie ‘n goeie idee om jou bolle direk in die grond te plant nie, want dan kan die tuinvurk ‘n gat in die bol druk en sodoende die bolle beskadig. Plant jou bolle in plastiek potte in potgrond en laat sak die pot in die grond. Plant ‘n grondbedekker tussen die potte sodat die grondbedekker kan bo-oor rank en sodoende die bolle afkoel in die warm somer. Sodoende word die bolle beskerm teen die tuinvurk en ook teen die kleigrond.

    VOEDING: Die gekleurde varkoor benodig ‘n ryk grond om meermalig te kan blom. Gooi elke 3 maande ‘n eetlepel vars kompos of erdwurmkompos oor die grond om die grond organismes, wat die voeding vir die bolplant aangee, te vermeerder. Dit is ook beter om die bolplante maandeliks te voed met ‘n opneembare, organiese voedingstof soos NITROSOL of SEEWIER indien jy baie blomme wil he. Die gekleurde varkore groei ook beter en groter indien jy so af en toe spoor elemente as blaarvoeding toedien.

    Na die blomfase is die varkoor geneig om geel blare te ontwikkel, wat dan knak en omval. Sodoende verloor die plant dan al sy blare en stoot eers weer nuwe blare in die lente. Baie tuiniers het deur die jare gedink dat dit normale praktyk is dat die varkoor moet oorwinter. Maar des teenstaande het sekere tuiniers in my Tuinskool gevind dat die gekleurde varkoor nie hoef te oorwinter as die regte voeding gereeld (elke 3 maande) toegedien word nie. By die Tuinskool meng ons verskillende voedingstowwe wat 70 minerale en spoor elemente aan die varkoor verskaf en dien dit elke 3 maande toe bo op die grond, saam met erdwurmkompos om dit af te breek. Hierdie mengsel veroorsaak dan dat die gekleurde varkoor gereeld nuwe bolle groei en elke 3 maande, selfs in die winter, blom. Jy hoef dus nie ‘n bekwame tuinier te wees om jou gekleurde varkore heeljaar in blom te sien nie.

  7. Dit is normaal. Die bol sal weer volgende seisoen nuwe blare uitstoot.

  8. Hi there ek het ook so plant. Wat ek graag wil wet is hoekom groei di wortels vn my varkore onder by my pot yt

    1. Jou pot het waarskynlik te klein geword. Plant dit oor in ‘n effe groter pot.
      Dit is ‘n goeie teken – die wortelstelsel is mooi gesond.

    1. Die eerste vraag is of jy hulle moet uithaal? Indien nie, kan jy hulle dalk net daar los. Hier in die Kaap kom hulle jaar na jaar weer op.

      Indien jy hulle moet lig, hier is die stappe:

      1. Die bolle opgrawe
      Wag totdat die blare natuurlik teruggesterf het ná die groeiseisoen.

      Grawe die bolle versigtig op met ‘n tuinvurk of -graaf, wees versigtig om hulle nie te beskadig nie.

      2. Skoonmaak van die bolle
      Borsel liggies oortollige grond van die bolle af.

      Moet dit nie was nie, aangesien vog tydens berging tot verrotting kan lei.

      3. Droog die bolle
      Plaas die bolle in ‘n warm, droë en goed geventileerde area vir 1-2 weke.

      Maak seker dat hulle nie aan direkte sonlig of oormatige hitte blootgestel word nie.

      4. Inspeksie en snoei
      Kyk vir enige tekens van skade, siekte of verrotting. Gooi enige ongesonde bolle weg.

      Sny enige oorblywende blare of wortels af en laat ongeveer 1-2 cm stam oor.

      5. Voorbereiding vir berging
      Plaas die bolle in ‘n asemende toormedium soos:

      Saagsels
      Vermikuliet
      Gesnipperde koerant

      6. Die keuse van ‘n houer
      Gebruik ‘n goed geventileerde houer, soos ‘n maassak, papiersak of kartondoos met gate vir lugvloei.

      Vermy plastieksakke, aangesien dit vog kan vasvang en verrotting kan veroorsaak.

      7. Berging van die bolle
      Berg die houer in ‘n koel, donker en droë plek met ‘n konstante temperatuur van 10-15°C.

      Vermy hoë humiditeit of temperatuurskommelings.

      8. Gereelde inspeksie
      Inspekteer die bolle gereeld tydens berging (elke 4-6 weke) om te verseker dat hulle nie vrot of uitdroog nie. Gooi sulke bolle weg.

      9. Plant
      Plant die bolle in die lente nadat die risiko van ryp verby is en die grond opgewarm het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply