Verwyder jou potplante uit die vensterbank in die winter. Vensters raak vrieskoud en die plante se blare raak swart.
Hierdie maand is ‘n goeie tyd om wingerd en bessies te plant.
Gee sitrusbome ‘n derde van hul jaarlikse kwota bemestingstof.
Organiese stowwe kan nou ingewerk word.
Hierdie is die ideale tyd van die jaar om te beplan hoe jou tuin vorentoe gaan lyk. Dit laat jou ook met genoeg tyd om saad te bestel.
ek wil graak weet wanneer en hoe om my sitrus bome te ent en watter gifstowe ek moet spuit. My lemoen en suurlemoenne word swart voor dit ryp is. help my asseblief.
Nataly.
Nataly,
Dit klink soos 'n swam. Iets soos Blitox behoort te help, maar maak seker by 'n kwekery.