Die eerste KykNET Fiesta-toekennings is die week in Kaapstad oorhandig. Die nuwe toekennings vereer Afrikaanse kunstenaars op die verhoog en agter die skerms.
Onder die wenners was:
• Beste opkomende kunstenaar: Moenier Adams, Afrikaaps
• Beste teaterontwerp: Marthinus Basson, As die broek pas.
• Beste spel in ’n solovertoning: Antoinette Kellermann, As die broek pas
• Beste regie: Nicola Hanekom, Betésda
• Beste prestasie in klassieke musiek: James Grace, Around the World in 60 Minutes
• Gewildste musiekgebeurtenis: Hatfield Karnaval
• Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie: Afrikaaps
• Beste byspeler: Theodore Jantjies, Vaselinetjie
• Beste vrouebyspeler: Bettie Kemp, Dood van ’n verkoopsman
• Beste akteur: André Odendaal, Magspel
• Beste aktrise: Antoinette Kellermann, As die broek pas
• Gewildste fees: Woordfees
• Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering: Nicola Hanekom, Betésda
• Beste aanbieding: As die broek pas