2013 Lawrence Olivier-teatertoekennings

Die Britse aktrise Helen Mirren is Sondag by die Lawrence Olivier-teatertoekennings in Londen as die beste aktrise vereer.

Die 67-jarige is bekroon vir haar rol as Koningin Elizabeth II in Peter Morgan se verhoogstuk The Audience.

The Audience handel oor die koningin se verhouding met haar premiers.

Die aktrise se medester, Richard McCabe het die Olivier-toekenning vir beste ondersteunende akteur gewen.

McCabe het die rol van premier Harold Wilson vertolk.

The Curious Incident of the Dog in the Night-Time het sewe toekennings verower, insluitend die toekenning vir beste vertoning.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar