Kyk Weer Fees

Goeie nuus vir teater-liefhebbers in die Boland! Met die Kyk Weer Fees is gunsteling US Woordfees-produksies eersdaags weer by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch te sien.


Die Kyk Weer Fees is ‘n inisiatief van die Klein Libertas Teater in samewerking met die Woordfees wat produksies op publieke aanvraag weer ‘n speelvak in die Boland bied.

Die mini-fees skop op 7 Mei af met ‘n propvol program toneel, woordkuns, musiek en kabaret. Van die bekendes wat weer ‘n draai kom maak, is Sandra Prinsloo, Gert Vlok Nel, Nicole Holm, Stian Bam, Elsabé Daneel, Wessel Pretorius en Waldemar Schultz om maar net ‘n paar te noem. Antoinette Kellermann sal ook te sien wees in die produksie My Mense wat sopas ‘n suksesvolle speelvak by die KKNK geniet het.

Die produksies wat aangebied word is: Oskar en die pienk tannie, Strip, Boetie dit is tyd vir bid as ‘n seekoeikoei op jou skoot kom sit, Stander, My Mense, The return of Elvis du Pisanie, Tjop en Dop, Die gewildste Afrikaanse gedigte, Gert Vlok Nel, Bittersoet, Êrens is jy, Girl van die suburbs, Hemelbesems tussen wolkekrabbers en Mijn Hoop.

Daar sal verskeie oggend-, middag- en aand-vertonings geskied sowel as vertonings op Sondag 12 en 19 Mei. Die fees eindig 25 Mei, met ‘n aand van kabarette.

Kaartjies is beskikbaar deur Computicket.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar