Die jare sewentig is bekend vir skreeuende kitaarklanke, Abba, Sonja Herholdt, Grease en draaiende diskoligte op die maat van die Bee Gees.
Dit staan in skrille kontras met die klanke van klassieke meesters soos Mozart, Beethoven en Bach. Maar dié uiteenlopende musiekgenres word gekombineer in ’n opwindende musiekervaring onder leiding van pianis Charl du Plessis as verwerker en musiekregisseur. Violis Lizelle le Roux en ’n orkes tower die klanke op.
Voeg daarby dansers, met choreografie deur Esther Nasser, en jy het ’n eiesoortige vertoning soos min.
Ook met Zanne Stapelberg en Joseph Clark.
Amfiteater, Potchefstroom – 90 min. – R130. 8 Okt. – 20:30
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
