Die intermissie is kort maar aanhoudend.
’n Verbyflikkerende sketskomedie so vinnig dat dit voel of iemand met tyd as ’n konsep gepeuter het. Mense wat dit al gesien het, beskryf dit as ’n gesaghebbende bron tot kommer, beter as Bakgat 2, ’n kuur vir depressie, brongitis en aanverwante siektes. Jy kan maar sê dis ’n net-net bogemiddeld
ritmiese moles en op die minste ’n vergeetlike ervaring.
* Debuut *
Met: Bennie Fourie, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bouwer Bosch, Barbara Brasington en Schalk Bezuidenhout
Regisseur: Bennie Fourie
Vervaardiger: Scharl van der Merwe

