Die skyn van vernis het vanjaar 6 trofeë verower en is ‘n verdere 19 keer genomineer.
Op die dorpie Bosdrif dwing ‘n hewige donderstorm mense om in die dokter se wagkamer skuiling te soek. Onder andere is daar Elsa, ‘n wit vrou, al 15 jaar ‘n boemelaar en gestroop van enige pretensie. Sonder dat die groepie dit besef, is die tafel gedek vir ‘n perfekte storm.
Deur Jan Burger.
Die skyn van vernis en Rooi is van 7 tot 9 November in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville die voorgereg tot Pieter-Dirk Uys se Die Van Aardes van Grootoor. Rooi op 7 en 8 November en Die skyn van vernis op 9 November. Die Van Aardes van Grootoor se professionele geselskap, onder leiding van Albert Maritz, sluit in Anna-Mart van der Merwe, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Rooi en Die skyn van vernis word opgevoer deur die tienertoneelgroep van die Hoërskool Durbanville.
Kaartjies is R100 per volwassene, en R50 per skolier.
Die vertonings begin om 19h00.
Kaartjies is te koop by Neelie by 079 4415 219.