Roekeloos
Eers was daar Honey Ryder. Plenty O’Toole. Pussy Galore. En nou Dolla. Dowwe Dolla. 007.
Sy drink haar Martini geskud, nie gepluk nie, dankie.
Sy moet die wêreld red. Alweer.
Want Jurie lyk daagliks meer soos ’n robbie(s). En Julius Malema sê ma’ vi’ sy grêmma Julius wil ’n Mercedes hê.
En arme Caster praat so diep want daar’s ’n brulpadda in haar keel.
Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie. Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy’t hard gesoek, want daar’s baie van hulle in die staatsdiens). Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswêreld – Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees.
Dolla se bra skiet pyle, daar is plofstof in haar panty en haar lollie is vol sianied, net in geval. (Sy’t bietjie vergeet van die lollies, so sy’t reeds drie geëet. Dis goed vir die opelyf.)
Dowwe Dolla 007: die avontuur begin …
Gaan vind meer uit! Dowwe Dolla 007: license to trill!

Skerpskerts
Afr. Geen o/16
Teks en regie: Hennie van Greunen
Met: Margit Meyer-Rödenbeck
70 min. R80 kykNET Hoërskoolsaal
1 Apr. 18:00 2 Apr. 15:00 3 Apr. 12:30 6 Apr. 18:00 8 Apr. 09:00
KKNK 2010
Lewer kommentaar