Kaapse Stadsballet Opedag

Die jaarlikse Opedag van die Kaapstadse Stadsballet (KSB) op 29 Maart beloof om die publiek weereens agter die skerms te neem vir ’n insiggewende kykie na die wêreld van tutus, tiaras en satyn balletskoene. Besoekers kan aan verskeie aktiwiteite deelneem en self klas loop. Vir die jong klomp is daar Inleiding tot Verhooggrimering en enige iemand van 9 tot 90 kan deelneem aan die pret by Inleiding tot Ballet!


Ander hoogtepunte is ’n repetisie van die KSB se produksie van Swanemeer, wat van 5 tot 20 April by Kunstekaap op die planke is, asook ’n vermaaklike lesing-demonstrasie en optrede deur die Zama Dansskool van Gugulethu. ’n Spesiale fondsinsamelingsprogram, met ’n verskeidenheid opwindende kort ballette en pas de deux, word ook aangebied.

Die geleentheid vind soos in die verlede plaas by die Universiteit van Kaapstad se Dansskool in Rosebank. Kaartjies vir die aksie-belaaide dag sal vanaf 9h30 by die deur beskikbaar wees. Besoekers kan die dag begin deur die daaglikse dansklas van professionele dansers verbonde aan die KSB wat stiptelik om 10h00 afskop, by te woon, of die pre-professionele klassieke balletklas van die Kaapse Junior-balletdansers wat onder meer repertoire en afrigting insluit.

Tydens die KSB se produksie-repetisie van Swanemeer sal besoekers die besonderse geleentheid kry om te sien hoe een van die wêreld se mees geliefde ballette agter die skerms vorm aanneem.

Jong besoekers kan deelneem aan verskeie pret-aktiwiteite, soos gesig verf en verhooggrimering, en die betowering van ballet ervaar deur pragtige kostuums wat uitgestal sal word. Gedurende die gewilde Inleiding tot Ballet-klas kan een en almal deelneem. Geen spesiale toerusting of klere word hiervoor benodig nie.

Om 11h15 sal ZAMA Dansskool ’n spesiale lesing-demonstrasie gee oor hul werk met jong dansers van Gugulethu. Die aanbieding sal ook ’n prettige klopdansnommer getiteld “Blurred Lines” insluit. Op hul beurt sal die UK Dansskool ’n blik op die opleiding van ’n dansstudent bied, met demonstrasieklasse in Kontemporêre, Spaanse en Afrika-danse.

Verversings sal deur die loop van die dag beskikbaar wees en besoekers die geleentheid gun om in ’n ontspanne atmosfeer met hul gunsteling-dansers te sosialiseer.

Kaapse Stadsballet, Les Sylphides (2014), Agter die gordyne
Kaapse Stadsballet, Les Sylphides (2014), Agter die gordyne

Toegang teen R30 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 13 is slegs beskikbaar by die deur en sluit alle aktiwiteite behalwe die fondsinsamelingsprogramme in. Kaartjies vir hierdie programme, wat om 12h30 en 13h30 plaasvind, sal by die tafel van die Vriende van die KSB beskikbaar wees.

Die inkomste van die Opedag word aangewend om die KSB se Uitreik-en Ontwikkelingsprogramme te ondersteun.

Die Kaapstadse Stadsballet bied Swanemeer vanaf 5-20 April by die Kunstekaap Operahuis aan. Besprekings kan gemaak word by COMPUTICKET (tel: 0861 915 8000) of Kunstekaap Bel-’n-Sitplek (tel: 021 421 7695).

Hoofrolbesetting vir Swanemeer:

SAT 5 APR @ 19h30 – Laura Bösenberg & Thomas Thorne
WOE 9 APR @ 19h30 – Angela Hansford, Kim Vieira & Daniel Szybkowski
SAT 12 APR @ 14h00 – Kirstel Jensen, Mami Fujii & Jesse Milligan
SAT 12 APR @ 19h30 – Laura Bösenberg & Thomas Thorne
SON 13 APR @ 19h30 – Angela Hansford, Kim Vieira & Daniel Szybkowski (met klankopname)
WOE 16 APR @ 19h30 – Kirstel Jensen, Mami Fujii & Jesse Milligan
SAT 19 APR @ 14h00 – Laura Bösenberg & Thomas Thorne
SAT 19 APR @ 19h30 – Hikaru Kobayashi & Federico Bonelli
SON 20 APR @ 15h00 – Hikaru Kobayashi & Federico Bonelli

(foto deur Jeanine Bresler)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar