Kunstekaap stel ontwerptoekenning bekend

Kunstekaap het onlangs ‘n eerste inisiatief, waar mede-ontwerpers toekennings vir Kaapstadse teater doen met pryse ter waarde van R50 000, bekend gestel.

Die wenners van die eerste toekennings sal in Maart 2014 aangekondig work om saam te val met die jaar waarin Kaapstad die Wêreld se Ontwerphoofstad is.

Die toekennings sal skeppende uitmuntendheid in vyf dissiplines erken, naamlik stel-, kostuum-, lig-, klankontwerp, en poppespelery.

“Kaapstad spog met sommige van die voorste ontwerpers in Afrika met bekende names soos Keith Anderson (dekor), Mannie Manim (beligting), Charl-Johan Lingenfelder (klank), Adrian Kohler (marionette) en Birrie Leroux (kostuums) om maar ‘n paar te noem. Baie van hulle het al ontwerpe vir die internasionale verhoë gedoen. Met dié toekennings, mik Kunstekaap om uitmuntendheid in teaterontwerp te erken en bevorder,” sê uitvoerende hoof, Michael Maas.

Ontwerpe vir teater produksies wat tussen 1 Januarie en 31 Desember open sal in aanmerking geneem word vir die toekennings. Dieselfde datums sal in die daaropvolgende jare van toepassing wees.

Die Kunstekaap Skouburg alleen bied jaarliks ongeveer 715 produksies en gebeurtenisse aan wat in totaal meer as 317 000 besoekers per jaar lok.

kleurpotlodeElke kategorie sal deur drie beoordelaars beoordeel word waarvan twee ondervinding van die spesifieke vakgebied het en ‘n derde een van ‘n ander skeppende of konstruksieveld in die teaterbedryf.

Inskrywingsvorm

Lewer kommentaar

Leave a Reply