In sy verkenning van elke leier se agtergrond, denke en persoonlikheid, neem Giliomee stelling in teenoor die idee dat Suid-Afrika in 1994 onafwendbaar op ’n ANC-oorwinning afgestuur het. Hoewel hy die belang van strukturele magte erken, argumenteer hy dat historiese toevallighede en die gehalte van leierskap die landspolitiek radikaal beïnvloed het.
Openhartige gesprekke met ’n magdom betrokkenes en talle primêre bronne werp dramatiese nuwe lig op sleutelmomente: Verwoerd se aanbod in 1950 aan stedelike swart leiers, die inval in Angola in 1975, die onverwagte deurbraak wat die arbeidshervormings moontlik gemaak het, Botha se geheime poging in 1984 om ’n ooreenkoms met die Sowjetunie aan te gaan, die agtergrond tot die rampspoedige Rubikon-toespraak, tronkgesprekke met Mandela, bosberade waar die kabinet taktiek beplan het – en hoe die Nasionale Party in die onderhandelinge nie sy beloftes kon nakom nie.
Giliomee bied ’n prikkelende politieke geskiedenis. Eerder as om te veroordeel, probeer hy verstaan waarom die laaste Afrikanerleiers opgetree het soos hulle het, en hoekom hul eie beleid hulle uiteindelik in die steek gelaat het.
Beskikbaar in Engels as The Last Afrikaner Leaders of The Last Afrikaner Leaders – A Supreme Test of Power (ePub format DRM) .
Die laaste Afrikanerleiers / deur Hermann Giliomee — Tafelberg, 16 Oktober 2012. — 448 p. ; sagteband. — ISBN 9780624052555 :
Koop / Buy Die laaste Afrikanerleiers >> (sagteband)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die laaste Afrikanerleiers, Hermann Giliomee