#NAF Le Songe d’une nuit d’été

Le Songe d’une nuit d’été
Roekeloos
7 Mei

Le Songe d’une nuit d’été is ’n ballet deur Michel Kelemenis wat gebaseer is op Felix Mendelssohn se A Midsummer Night’s Dream.

Kelemenis trek speels aan die snare van William Shakespeare se komedie wat bedoel was as ’n satire van die Elizabethaanse samelewing. So lei hy die gehoor sy wêreld binne waar die wonderbaarlike en die geheimsinnige skouers vryf met die groteske. Alles op maat van Mendelssohn se pragtige orkestrasie vir die stuk.

Die stuk is vol verassings; ’n woud met geen bosse en bome en onbeskofte masjiene wat met ’n donkie kennis maak.

Begeleiding is deur die KwaZulu-Natal Filharmoniese Orkes onder leiding van Lykele Temmingh. Die Grand Théâtre de Genève Balletgeselskap bevestig hul meesterskap in ballet se klassieke werke.

Met: Joseph Aitken, Yu Otagaki, Geoffrey van Dyck, Sarawanee Tanatanit, Nathanaël Marie, Daniela Zaghini, Paul Girard, Loris Bonani, Aurélien Dougé, Natan Bouzy en Vladimir Ippolitov
Choreografie: Michel Kelemenis
Musiek: Felix Mendelssohn
Stel- en kostuumontwerp: Nicolas Musin
Beligting: Jean-Marc Skatchko

Genre: Dans
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Guy Butler-teater, 1820 Monument, Grahamstad
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R85 – R100
Datum: 4 Julie 19h00 en 5 Julie 11h00 & 18h00

Nasionale Kunstefees 2014

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply