#suidoosterfees Kristalvlakte

Uit die flenters van die dwelmoorlog smous Priscilla vir haar en haar gesin ’n lewe aanmekaar.

Die gemeenskap bloei weens die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies van vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is nes die liefde – dit sal altyd ‘n uitweg vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef in die agterstraatjies van die geskiedenis.

Amy Jephta se epiese teaterstuk het ‘n sterbelaaide rolverdeling: Ilse Klink, Brendon Daniels, Royston Stoffels, Bianca Flanders, Tarryn Wyngaard, Dean Smith, Gantane Kusch, Daniel Richards, Dean Balie, Riaan Visman en Antonio Fischer. Dit vertel die storie van ‘n gemeenskap, veel groter as die van individuele karakters.

Hierdie verwerking van Bertolt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek sosiale werklikheid oop tot op die been.

* DEBUUT *

Met Ilse Klink, Brendon Daniels, Roysten Stoffels, Bianca Flanders, Tarryn Wyngaard, Dean Smith, Gantane Kusch, Daniel Richards, Dean Balie, Riaan Visman en Antonio Fischer

Regie Marí Borstlap

Teks Amy Jephta

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R60, R80 & R110
Plek: Fugard-teater, Kaapstad
Datum: Vrydag 29 April 20:00-21:30, Saterdag 30 April 15:00-16:30 20:00-21:30, Sondag 1 Mei 15:00-16:30 20:00-21:30, Dinsdag 3 Mei 20:00-21:30, Woensdag 4 Mei 20:00-21:30, Donderdag 5 Mei 20:00-21:30, Vrydag 6 Mei 20:00-21:30, Saterdag 7 Mei 15:00-16:30 20:00-21:30

Suidoosterfees 2016

Kristalvlakte,
Roekeloos,
3 April 2016.

4.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply