Tuin van Digters

Breyten Breytenbach se 75ste verjaarsdag word gevier deur die bekendstelling van Schalk Joubert se woordmusiek-projek, Katalekte, asook die teaterproduksie, Verse in my vingers.

Daniel Hugo en Amanda Strydom lig die hoed vir Hennie Aucamp, Boerneef word besing, Hemelbesem rymklets dat dit klap, Danie Marais speel die musiek wat sy digwerk inspireer, en David Kramer sing van sy stokou treffers tot sy splinternuwe werke.

Dít en nog vele meer kan verwag word by Tuin van Digters 2014, wat vanjaar oor twee dae – 13 en 14 September – by die Breytenbach Sentrum in Wellington aangebied word. Daar is beperkte kaartjies beskikbaar vir hierdie gesogte digtersfees.

info@breytenbachsentrum.co.za | Tel/Faks: 021 8732786

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar