Vaselinetjie

Die verhaal van Vaselinetjie se kinderhuislewe van gomgatte, emosionele verwaarlosing, prostitusie, seks, dwelms, bendegeweld, menslike humor en dik romanse.

Hugo Taljaard se verwerking van Anoeschka von Meck se veelbekroonde blitsverkoper was benoem vir ’n Fiësta vir die Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Werk. Speelvakke by die Absa KKNK, Vryfees en Suidoosterfees (twee keer) was uitverkoop.

Met onder andere Andrea Streso, Robbie Klay, David Louw en Ingrid Paulus, die Fiësta-benoemde Vinette Ebrahim en die Fiësta-bekroonde Theodore Jantjies.

Regie: Henry Mylne.

Aardklop 2011

Sanlam-ouditorium, Potchefstroom – 120 min. – R80.
6 Okt. – 09:00, 7 Okt. – 13:00 en 15:30, 8 Okt. – 13:00

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply