Op die snelweg sien jy ’n ongeluk gebeur.
Rubber skel, metaal buig, glas breek, ’n liggaam sweef deur die lug en kom tot rus in die middel van die teer. Die kar se ingewande peul uit, maar die ligaam blyk nog heel te wees.
Dit laat ’n indruk: dit kon jy gewees het; dit kan jy wees.
Jy trap die petrol en los die stuurwiel net om te kyk wat gebeur. Wat gebeur, is onvermydelik – soos dit maar is met mense.
* Debuut *
Met: Karli Heine, Nèna Butler en Elaine Grobler
Scenografie en regie: Stefan Benadé
Teks: Louis Roux
Klankontwerp: Louis Roux
Vervaardiger: Die bende (Stefan Benadé)
Genre: Ruimtelikerama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R80 | R90 by die deur
Plek: Weltevreden: Parkeerarea, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 20:00, 8 Maart 20:00
Auto: ’n reeks fragmente,
Roekeloos,
1 Februarie 2016.
