Work in progress

Nik Rabinowitz
Nik Rabinowitz
Work in progress is Nik Rabinowitz se jongste.

Maar moenie bekommerd wees nie, dié is 100% vegan en omgewingsvriendelik. Net 10% is herwinde materiaal, dankie tog, hoewel daar 15% is wat wenkbroue laat lig. Dalk moet ons maar net dankbaar wees hy het geeneen van hulle op diere getoets nie – dis nou as jy almal in die Vrystaat buite berekening laat.

Soos alle komediante dink hy hy is die snaaksste man in SA. Jy sal maar self moet gaan sien. Hy is 20 & 28 Januarie 2016 by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R130 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Die res van ons kan bly wees ons woon nie in die Kaap nie …

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar