Waarnatoe … 14

Toe ek jou kaal sien kom nog meer herhinneringe terug. Vandag maak ek klaar wat ek begin het. Jy nader my. Dis ook maar lekker, ek hoef niks eers te doen nie. Jy doen die uittrek werk vir my. Ons is nou albei kaal. Ek weet nou hoe om sulke dinge te doen. Die ondervinding met Charlize het gehelp. Ek lê op die mat en jy sit bo-op my. Dit word net beter, weereens hoef ek niks te doen nie. Jy hou die ritme. Die reuk van sweet en bier hang in die lug. Meteens hoor ek ‘n stem. “Daddy, Daddy! is she hurting you?” Fok dit is Charmaine my dogtertjie. Ek probeer haar stil kry want ek weet as sy hier is, is my vrou ook tuis. Ek probeer haar oortuig dat ons net stoei. Dit was alles verniet, want my vrou staan al by die deur.

Ek het laaste vir Charlize in die deur gesien. Ek kry net te doen met haar wanneer sy briewe vir ons egskeiding stuur. Sy is mos ‘n prokureur, so die egskeiding gaan moeilik wees. Gelukkig kan sy nie al my goed vat nie, want omtrent al die goed was hare (ek was tog slim, my salaris was hoofsaaklik in ‘n belegging). Ek wonder net of sy die kinders van my af gaan weghou. Gelukkig het jy jou afstand gehou in die tyd, om dit nie nog moeilikker te maak nie. Jy was ook blykbaar gedagvaar vir huis opbreek of so iets. Ek gaan die weelde en die paleis mis. Charlize woon voorloppig weer in haar ouers se paleis. Dit is eintlik snaaks dat jy glad nie kontak maak nie. Ek gaan dit ook nie meer langer vat dat ‘n vrou op my kop kak nie. Dit is jou skuld ook. Ek moet jou kontak om te sê jy moet my liewer bystaan. Toe bel ek jou. ‘n Man antwoord jou foon. Ek sê maar dat ek jammer is en dat dit seker die verkeerde nommer is. Die man vra my toe of ek vir Caty soek. Ek is bly dit is nie die verkeerde nommer nie. Die man is seker jou broer of pa. Toe jy oor die foon praat kan ek hoor dat jy nie te opgewonde is om my te hoor nie. Al wat ek kry is n kort-af “Ja, wat soek jy.” Ek sê toe dat ek nie met jou wil praat as jy so suur gaan wees nie, en dat jy maar liewer weer jou broer op die lyn moet sit. Jy lag. Ek dink jy is weer jou ou self, maar toe vertel jy my dat dit nie jou broer was nie, maar Shaun. Jy moes wel ander heenkome gaan soek het na die die uitval met Charlize en het toe sommer by hom aangeklop. Jy verduidelik dat jy dink ‘n verhouding tussen ons sal nooit moontlik wees nie. Dis nou mooi, jy het my lewe kom opfok en nou wil jy niks met my te doen hê nie. Jy moet liewer bly voel omdat ek jou bo my vrou verkies het. Stank vir Dank! Waarnatoe sal ek gaan vir net n bietjie vertroosting. Ek weet sommer al hoe my ouers oor die hele storie sal reageer. Hulle sal seker iets kwyt raak soos “Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.” Hulle weet dalk net nie dat ek deel is van die semels nie. Met daardie gedagte sê ek toe vir myself dat dit tyd is vir opstaan en voortgaan. Ek het altyd so baie ideale gehad. Ek wil studeer, ek soek nuwe liefde, ‘n ordentlike chic.

Ek het toe besluit dat ek eerste met die nuwe liefde sal begin en gou vanaand ‘n draai by die pub gaan maak om haar te vind. Ek is in elk geval lus vir drinkgoed wat my bietjie sal opbeur.

Ek was net gereed om te ry toe my donnerse selfoon weer lui. Dis jy. Hierdie keer antwoord ek kort-af. “Ja wat soek jy.” Jy verduidelik dat jy jammer is oor wat jy als gesê het en dat jou maandstonde bygedra het tot jou mood oor die foon. Jy vra toe of ons nie dalk kan uitgaan vanaand nie. Ek sê toe dat ek reeds planne het vir vanaand en dat ons dit maar op ‘n volgende geleentheid kan maak. Ek is kort-af en sê dat ek nou moet gaan. Ek het afgelui en is gereed vir vanaand se jol. Net om dit so bietjie interessant te maak vra ek een van my tjommies saam op die jol. As gevolg van my ouderdom weet ek nie of ek nog so lekker kan jol nie. Dit maak ook nie regtig saak nie, want dop is koning. Ek hoor Geo se motor buite. Hy kom my oplaai vir die jol. Dis ook nie asof ek werklik ‘n ordentlike chic gaan optel saam met hom nie, ek weet mos by watse plekke hang hy uit. Hy ken die beste plekke in Johies. Dit is eintlik nogal befok om nie oor ‘n meisie of ‘n vrou en kinders te worry nie. Ek is vry en kan doen wat ek wil en vir so lank as ek wil. In Geo se motor groet hy my soos wat goeie tjommies doen “Ja Doos”. Hy sê dat ons nou die time of our lives gaan hê.

Daar is baie mense by die jol. Geo ken omtrent almal. Daar is mense met oorringe in hul lippe, ooglede, mae, vingers ens. Die musiek pomp. Al die meisies is so vriendlik by die tipe van plekke. Dis net jammer hulle bly nie altyd so nie. Hulle het ook net een ding op die brein op sulke aande (ook maar goed vir my). Ons kry vir ons ‘n plekkie om te sit. Geo gaan koop vir ons dop. Terwyl ek vir Geo wag kom ‘n nice geboude chic nader. Die ding wat eerste in my kop opskiet is Yes, hier kom my ordentlike chic. Sy is dalk nie so ordentlik as wat ek wil hê sy moet wees nie. Sy het tatoes, ringe op snaakse plekke en haar klere lyk soos die van ‘n slet. Ek dink toe dat dit miskien die tipe meisies is wat goed lyk en dan eintlik kak is, en in die geval dat hulle sleg lyk en goed is. Ek het myself oorreed dat die meisie my droomvrou is, en dat ek ‘n move op haar sal maak sodat sy nie dalk deur my vingers sal glip nie.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply