Dis weer ‘n kak game van die bokke die. Ek sien gedurende die game dat jy baie skreeu en aanmoedig, maar jy weet nie regtig iets van rugby af nie. As jy maar net geweet het Hansie Cronje speel nie rugby nie, sal jy weet jy skreeu verniet vir hom. Eindlik het die game en die bokke hulle gat gesien. Charlize en die kinders is nog nie tuis nie. Jy weet dat dit vir my ‘n ongemaklike situasie is met jou alleen by my. Dis ook nie asof jy regtig omgee nie, en skuif al hoe nader om glo na my oë se kleur te kyk. Die flytaal vloei vandag uit jou mond. Ek is weer te goed om waar te wees. Ek probeer jou aandag van my aftrek omdat ek voel ek sal my dalk nie lank kan inhou nie. Jy het nog altyd en sal altyd n moerse aantrekkingskrag hê. Jy raak my hande aan en se hulle is nogal groot. Nee fok dis nou te veel, ek kan dit nie meer handle nie. Ek gryp jou agter die nek en trek jou gesig nader. Jy bied ook nie werklik weerstand nie. Ek vreet jou behoorlik op. Toe stoot ek jou weg en sê dat dit ‘n fout was en dat ek nou gelukkig getroud is. Jy vryf oor my kop en sê dat jy jammer is en dat jy dalk te na aan my beweeg het. (Ja hoor, jy was al amper bo-op my.) Ek vra toe dat ons liewer die voorval moet stilhou voor my vrou en kinders. Ek staan op en gaan sit op ‘n ander bank. Jy sal beslis nie skuif nie. Jy like dit wat gebeur het. Jy begin my uitvra oor dinge. Dinge soos wat sal gebeur het as jy nie destyds terug UK toe gegaan het nie, en of ek dink dat ons dalk ‘n gesin kon hê. Ek hou nie van die tipe vrae nie en antwoord kort-af met net sommer ‘n ja. Ek sien wat jy wil doen en besluit om jou ‘n vraag te vra. Ek vra jou uit oor jou drankprobleem. Jy is nie ingenome oor die onderwerp nie, aangesien dit jou onder ‘n swak lig plaas. Jy antwoord deur te sê dat dit ‘n moelike stryd was maar dat Shaun jou daardeur gehelp het. Wie de fok is Shaun, dink ek toe by myself. Ek maak of ek nie werklik wil weet wie Shaun is nie, en vra toe hoe jou broer jou daardeur gehelp het. Jy sê toe dat Shaun nie jou broer is nie maar jou eks. Jy meld ook dat as ek jou nie sou kon help met blyplek nie, sou jy by hom gaan aanklop het. Jy vertel my hoe nice hy is en dat ek goed met hom oor die weg sal kom. Ek weet nie of jy dit opsetlik doen nie, maar ek word jaloers (ek weet nie werklik hoekom nie aangesien ek tog getroud is). Jy begin my nou uitvra oor daai laaste aand van ons. Ek word al hoe meer sekslustig. Ek antwoord amper net met ‘n ja as jy vrae vra of stellings maak. (Dit is daai snaakse gevoel as jy aangetrokke tot iemand is. Jy voel so of jy in ‘n droom is). Ek kan my woorde nie keer nie, en vra of jy nie wil klaarmaak wat ons begin het daai aand nie. Jy antwoord my deur op te staan en jouself te ontklee.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar