Waarnatoe … 12

Dit is Saterdag-oggend. Ons ontwaak almal redelik laat as gevolg van die nagtelike episode met jou. Toe ek en Charlize klaar gebad en reggemaak het beweeg ons kombuis se kant toe vir ontbyt. Soos ons die kombuis nader ruik ek die heerlikste reuk. Dis jy wat besig is om vir ons ontbyt te maak. Weense worsies, eiers en nog pap ook. Charlize raak weer die moer in en vra jou wat jy aanvang. Jy antwoord dat jy gedink het jy sal ons met ‘n ontbyt beloon vir ons goedhartigheid. Jy sê ons kan maar aansit jy sal ons bedien. Ons het ook nie werklik ‘n keuse nie. Jy trek vir ons elkeen ‘n stoel uit. Ek sien nogal uit na jou ontbyt aangesien Charlize baie gesondheidsbewus is en ons maar altyd redelik afgewaterde kos eet. Jy sit die borde voor ons neer. Dit lyk stukke beter as Charlize se uitgedroogte etes. Ek sien sommer dat Charlize vies is vir die baie botter en vet. Toe ons almal eers aan die eet is, meld ek dat jy maar langer kan bly as jy elke dag vir ons sal kosmaak. My vrou is weer omgekrap en sê “No Thanx”. Sy skyf haar bord eenkant en sê sy verkies vetvrye kos. Ek worry nie veel oor haar nie en vra of ek maar haar porsie ook kan kry. Bliksem! Charlize het my op my been geskop uit woede. Jy het darem niks gesien nie, maar vra hoekom ek nou so stil is. My vrou neem weer beheer oor die gesprek en vra jou wat jy van plan is om met jou lewe aan te vang. Jy sê toe dat jy ook van plan is om so ‘n mooi man vas te trek. Nou kom hier oorlog.

Na ete is albei vrouens omgekrap. Ek moet sê Caty het nogal ‘n slag met kinders. Ons kinders geniet haar vreeslik. Sy tree amper soos ‘n ouma op. Charlize hou nie baie daarvan nie en kry gou die kinders bymekaar en sê sy vat hulle vandag Gold Reef City toe. Die kinders is baie opgewonde en vra of pappa en tannie Caty ook saamgaan. My vrou sê toe sommer dadelik dat tannie Caty baie belangriker dinge moet doen soos werk soek. Ek sê aan Charlize dat sy mos weet ek wil vandag die game tussen die Aussies en die Bokke kyk. Sy probeer my ooreed om saam te gaan. Ek weier.

Dit is elfuur en my vrou en kinders is Gold Reef City toe vir die dag. Die game begin nou. Ewe onskuldig stap jy ook daarin met lekker koue biere. Jy meld toe dat jy ook van rugby hou en my maar sal join. Jy klim langs my op die bank en daar sit die twee van ons reg vir aksie.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply