Dit is vyf jaar na ons laaste ontmoeting. Dinge kon anders uitgewerk het as jy nie terug UK toe gegaan het nie. Maar nou ja, so is die lewe maar en ek is intussen gelukkig getroud met kinders (Tweeling dogters en ‘n ouer seun). Charlize is my vrou (ek het toe die goudmyn losgeslaan), en ons het beide ons kak streke met die pille ensovoorts gelos. Soos ek laas met ‘n draai gehoor het, het jy ook jou streke met die drank gelos. Daar is net een ding waaroor ek spyt is en dit is dat ek nooit daardie aand kon klaarmaak nie. Dit is laat in die aand. Daar is iemand by die hek. Ons servants is nie so laat in die aand aan diens nie. Ag fok, nou sal ek seker uit die bed uit moet klim om die deure en hekke oop te maak. Ek is nie lus om uit die bed te klim nie aangesien ek en Charlize nou net ‘n knypie gehad het. Charlize pomp my in die ribbes om te sê ek moet gou gaan loer wie dit is. Ek weet as vroulief praat moet ek spring, want my volgende knypie hang daarvan af. Onder in die voorhuis beloer ek eers die beeld op die monitor om uit te maak wie dit is. Ek kan fokkel sien nie. Dit lyk soos ‘n vrou in die motor. Ek groet die persoon beleefd en vra wie sy is. Toe ek oor die interkom hoor dat dit jy is, is ek stom geslaan. Dinge wat deur my kop gaan is “jy is hier vir ons geld, jy wil my huwelik verongeluk”. Ek maak toe of ek bly is, en maak die hekke oop sodat jy kan inkom. Toe jy voor die deur stop, gaan ek na buite. Jy spring uit en omhels en soen my ensovoorts. Soos jy te kere gaan sou mens dink ek is jou man wat vermis was. Op daai oomblik vra Charlize aan my wie hierdie tyd van die aand by ons kom inloer. Toe Charlize sien hoe jy my omhels, vra sy “family of yours?”. Ek sê toe “No honey just a very good friend of mine”. Charlize lyk nie te ingenome met jou nie. Charlize sê toe dat dit laat is en dat sy weer wil gaan inkruip. Ek verstaan wat my vrou vir my probeer sê. Ek vra toe vir jou of ons nie môre erens kan ontmoet om op te vang nie. Toe jy praat, toe weet ek dat hier kak kom. Jy soek ‘n plek om te bly. Daar is glo geldelike probleme in jou familie, en jou ouers staan op die punt om te skei ensovoorts ensovoorts. Jy stel toe voor dat ons eerder môre oor al die probleme gesels. Jy stel dit so effens nederig dat jy my nou nie regtig wil pla met jou probleme nie. Ek dink toe by myself dat jy dit dan al klaar gedoen het. My vrou antwoord dadelik op jou vraag vir blyplek deur te sê dat ons nie plek het nie. Jy was nog nooit stupid nie en weet sy praat onsin. Ewe sarkasties sê jy toe ” dis ‘n lieflike groot huis wat julle het, ek sal enige plek slaap, help my net vir so drie dae”. Ek kan net nie so wees nie en sê toe dat dit reg is as jy wil bly tot Dinsdag. Ek kan aan my vrou se gesig sien dat ek nou my knypies vir ‘n paar dae kwyt is. Ek help jou toe sak en pak na een van die vele spaarkamers toe. Ek stel toe voor dat ons maar almal inkruip en goed uitrus vir die tydjie voorentoe. Ek weet dat dit glad nie ‘n goeie ding is dat jy nou hier is nie, want ou gevoelens het al klaar in my begin ontwaak.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
