Kieslys

Close


*/

15 November
2005
Boeke
9555 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Wat doen Kolmuis as sy wasgoed vreet? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op ‘n stokkie kom, Maandae blou is, hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif. En dit is net die oortjies van die seekoei.

Meer as 8 000 idiome en uitdrukkings (“die siel van Afrikaans”). Interessante stories en brokkies oor die herkoms van sowat 1 000 bekende en minder bekende spreekwoorde, tipografies geskei van die hoofinskrywing self, sodat die boek nie net nuttig vir studente is nie, maar ook vermaaklik vir snuffellesers.

Bevat hedendaagse Afrikaanse uitdrukkings wat nog n^rens anders verskyn nie, soos: met die handsak geklap wees, nie sodat jy dit sal agterkom nie, ‘n hond uit ‘n bos praat, die bal skop voor die fluitjie geblaas het, ‘n oorstootdrie druk, net die oortjies van die seekoei, en baie meer.

Ook die herkoms van verouderde en verouderende, selfs eg Nederlandse inskrywings, is nagespoor, omdat talle daarvan nog in ouer Afrikaanse tekste leef en nie deur bestaande handwoordeboeke verklaar word nie, soos om prat te gaan op iets, iets op ‘n prik te ken, rapat te wees.

By elke inskrywing word die Engelse ekwivalent gegee.

Gidswoorde dui aan waaroor elke spreekwoord gaan.

In ‘n omvattende indeks agterin word die gidswoorde alfabeties gelys, sodat iemand wat ‘n spreekwoord oor ‘n spesifieke onderwerp soek, maklik en vinnig al die inskrywings oor die betrokke onderwerp kan naslaan.

en

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, sêgoed en ander lekkernye (Afrikaans)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
15 November 2005
Boeke
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

gentoonofb
2017-04-27 12:54:19
___123___Beelde in installasies | Roekeloos___123___...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:09:08
[…] loopbaan sluit in Christiaan Olwagen se Dogma, Die Rebellie van Lafras Verwey, Die Kersieb...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:08:50
[…] pryse vir Hemelruim, sluit Tinarie van Wyk Loots se toekennings in die Kanna vir Beste Akt...

Advertensie