Allooi

Allooi is ‘n uitstalling van nuwe werke waarin woord- en visuele kuns geïntegreerd funksioneer. Geen voorskrifte met betrekking tot tema, media, styl en derglik word gegee nie. Die enigste voorwaarde is dat bestanddele van sowel visuele as woordkuns in elke kunswerk moet voorkom.

Altesaam 14 kunstenaars, waarvan 8 uit die Vrystaat, 4 uit ander dele van Suid-Afrika, 1 uit Nederland en 1 uit België is, neem aan die uitstalling deel.

Volksblad Kunstefees 2009

Met Janine Allen, Ben Botma, Gilbert Gibson, Diek Grobler, Luuk Gruwez, Pauline Gutter, Jaco Jacobs, Danie Marais, Bernard Odendaal, Carina Stander, Markus Steinmann, Hennie van Coller, Willem van Toorn, Ingrid Winterbach

Plek: KykNet-Scaena (Foyer)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar