Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gisteraand by hul bekroningsplegtigheid in Stellenbosch pryse oorhandig aan jong, sowel as gevestigde skrywers.
Elsa Joubert is bekroon met die Louis Hiemstraprys vir nie-fikse vir haar werk Reisiger en Lina Spies het die SA Akademieprys ontvang vir haar uitmuntende vertaling van Anne Frank se dagboek in Afrikaans, Die agterhuis. Nicole Strauss het die gesogte Eugène Maraisprys vir prosa ontvang vir haar kortverhaalbundel, Maal.
Lewer kommentaar