C’est la vie


Toe die bekende ontwerper Lanie van Reenen al haar spaargeld en energie in ’n kasteel in Aubusson ingooi, het haar vriende gewaarsku dis onwys. Maar Lanie was besiel. Sy het haar Franse kasteel liefderyk herstel en die “beste boetiekhotel in die streek” geskep.

Die opening val egter saam met persoonlike en internasionale tragedie: die wêreldwye finansiële krisis, en ’n ernstige ongeluk wat Lanie se eks-man in ’n koma laat. Boonop dreig die beleggers om haar hotel van Kaapstad af te bestuur.

Dan is daar nog die kwaai brandweerbaas en die Franse burokrasie om mee rekening te hou, die uittartende kamerbediende, ander eksentrieke hotelpersoneel, die ongewone bure en Franse vriende.

Lanie se kleurryke vertelling raak soms aan die diep hartseer wat voluit leef kan meebring, maar aan ook die ekstase van jou drome nastreef. Al is dit ’n vet kans wat jy vat …

♦♦♦

C’est la vie / deur Lanie van ReenenTafelberg, 15 Februarie 2013. — sagteband. — ISBN 9780624056188 :

R195.00

Koop / Buy C’est la vie >> (sagteband)

Cest la vie
Cest la vie

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: C’est la vie, Lanie van Reenen

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply