Macroscelides proboscideus proboscideusDie kortoor-klaasneus is ’n tipe skeerbekmuis. Hulle kom voor in die Karoo en sovêr suid soos Oudtshoorn.Hulle woon onder klippe of in gate in die grond en leef hoofsaaklik van insekte.(foto: Olaf Leillinger)
Kategorie Argiewe:Soogdiere
Nagapie / Night-ape
Galago sengalensis moholi Nagapies sal jy opspoor in die noordweste en noordooste van Suid-Afrika en oral in Zimbabwe. Hulle is onmiskenbaar met die grys lyfies en geel oë.
Welpies wit soos sneeu
Die suksesvolle aanteel van uiters bedreigde witleeus – in die natuur of in aanhouding – bly iets om te vier. Daar is honderde witleeus in aanhouding, maar volgens die Global White Lion Protection Trust kom minder as 13 nog in hul natuurlike habitat voor. Dus is vier witleeuwelpies Maandag by die Magdeburg-dieretuin in Duitsland met …
Renosterstropers teiken al meer wildsplase
Renosterstropers is toenemend besig om private wildsplase te teiken. Lourensa Eckard en kameraman Xolani Nhlapo was in die Noordwes-provinsie om hierdie kwessie met ’n wildplaas-eienaar te bespreek.
Reuse-bobbejaan
Papio rhodesiaeDie reuse-bobbejaan kom voor in Zimbabwe. Daar is nie veel inligting beskikbaar oor hierdie bobbejaan nie.
Geelbobbejaan / Yellow Baboon
Papio cynocephalus cynocephalusDie geelbobbejaan sal jy kan besigtig in ons buurlande, Zimbabwe en Mosambiek. Die geel kleur kom veral voor op die agterbene. Soms is dit ’n olyfgeel of olyfbruin.(foto: Geoff Gallice)
Watermuishond in vleiland vrygelaat
‘n Watermuishond (kommetjiesgatmuishond) is vroeg Woensdagoggend (25 Januarie 2017) op ‘n inwoner van Port Elizabeth se erf aangetref en deur Arnold Slabbert van die stedelike kleinwildbewaringsgroep Wildline gevang en vrygelaat.
Kaapse bobbejaan / Cape Chacma Baboon
Papio ursinus ursinusDie Kaapse bobbejaan sal jy vind in die berge van die Wes-Kaap, ooswaarts tot by Knysna en Graaff-Reinet en noordwaarts tot sovêr as Vanrhynsdorp.Hulle bly in groot troppe en verkies die berge en koppies. Snags slaap hulle in grotte en onder kranse en bedags soek hulle vir kos in die nabye omgewing. Hulle …
Dringend op soek na renostermelk
Die dramatiese toename in renosterstropery die laaste paar jaar en die meegaande droogte in Suid Afrika het ’n groot aantal renosterwesies tot gevolg gehad. Dié babarenosters sal nie oorleef sonder die sorg en toewyding van instansies soos die Fundimvelo Thula Thula Rhino Orphanage nie. Dié weeshuis het ’n voortdurende behoefte aan melk en medikasie om …
Vin- en bultrugwalvisse se jagveld in Antarktika
Die area rondom Wes-Antarktika is die jagveld van ’n groot aantal vin- en bultrugwalvisse.Ongeveer 5 000 bedreigde vinwalvisse (Balaenoptera physalus) en 3 000 bultrugwalvisse (Megaptera novaeangliae) besoek die area elke somer. Dit is die bevinding van ’n groep Duitse navorsers. Hulle het ook ’n opname uitgevoer om te bepaal of daar ’n verband is tussen …
Lees meer “Vin- en bultrugwalvisse se jagveld in Antarktika”
