Hoekom is die groot bamboesbeer, wat in die berge van China en Tibet woon, wit en swart van kleur? Hierdie vraag het Amerikaanse navorsers nou suksesvol beantwoord.Die wit-en-swart kleurskema van die panda het twee funksies: kamoeflering en kommunikasie.Die studie het bevind dat die grootste dele van die panda, die gesig, nek, maag en kruis, wit …
Kategorie Argiewe:Soogdiere
Renosterwesies vind mekaar
J’aime en Lesego is onlangs by The Rhino Orphanage in Limpopo aan mekaar voorgestel en sedertdien is dié twee onafskeidbaar. J’aime was in Maart skaars ’n maand oud toe stropers haar met ’n panga gekap en haar ma doodgemaak het.
Almal werk saam teen stropers
Hoewel insypings deur stropers in die Krugerwildtuin die afgelope tyd toegeneem het, was daar baie minder suksesvolle stropings. Dit word toegeskryf aan die samewerking tussen Suid-Afrikaanse bewaarders en hul Mosambiekse kollegas, sowel as bystand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. SANParke het ’n skynstropingsaanval-demonstrasie gehou om die samwerking tydens ’n kontak-situasie uit te beeld. Derick Mashale …
Seldsame Kaapse luiperd op kringtelevisie
Lede van die Drakenstein-polisie is gaande oor die nuwe vierpotige “misdaadbevegter” wat by ’n heining tussen Kylemore en Lanquedoc (tussen Paarl en Stellenbosch) opgemerk is. ’n Kaapse luiperd, wat selde in bewoonde gebiede gesien word, is Dinsdagaand 18 Julie 2017 op Banghoek-sekuriteit se kringtelevisie vasgevang.
Geteelde leeus skenk geboorte in die bos
The South African Predator’s Association (SAPA) het die video gedeel van ‘n leeumannetjie en wyfie met hul welpies. Die leeus was na bewering oorspronklik in aanhouding en het die welpies gekry nadat hul hervestig is in die natuur.
Moordwalvisse jag haaie aan SA kus
Dit wil voorkom asof moordwalvisse tans jag maak op witdoodhaaie aan die Kaapse kus.Die veiligheidsprogram Shark Spotters het verlede week ’n 4,9 meter witdoodhaai op Gansbaai se strand gevind. Daar was ’n groot gat tussen haar borsvinne. ’n Nadoodse ondersoek het bevind haar lewer is weg. Hierdie inligting, tesame met die feit dat daar verskeie …
Kortneus-klaasneus / Short-snouted Elephant Shrew
Nasilio brachyrhynchusDie kortneus-klaasneus is ’n tipe skeerbekmuis. Hulle kom voor in die noordelike dele van Noordwes.Hulle verkies droë klipperige areas waar jy hulle onder klippe, in gate of soms onder bosse sal vind.
Springbok en pitbull is maats
Amarula #NAMEThemSAVEThem
Nog honderde dolfyne in Algoabaai ná massavrekte
Dit lyk nie asof die 38 dolfyne wat twee weke gelede aan die kus by Woody Cape in die Oos-Kaap uitgespoel en gevrek het, ’n groot impak het op die aantal dolfyne in Algoabaai nie, sê Lloyd Edwards, mariene kenner en eienaar van Raggy Charters in Port Elizabeth. Onlangse beeldmateriaal wat hy geneem het, wys …
Lees meer “Nog honderde dolfyne in Algoabaai ná massavrekte”
