Grootste kolonie koningpikkewyne krimp

Die kolonie koningpikkewyne op die eiland Île aux Cochons, in die suide van die Indiese Oseaan, is sedert die 1960’s bekend as die grootste kolonie koningpikkewyne in die wêreld en die tweede grootste kolonie pikkewyne. Vanweë die isolasie en ontoeganklikheid daarvan, is daar egter geen nuwe beramings van die grootte daarvan gemaak die afgelope dekades …

Brilbassiaan / Spectacled Petrel

Procellaria conspicillataDie brilbassiaan is ’n bedreigde spesie. Die voël lyk baie soos die bassiaan, net kleiner met meer wit op die kop, wat dit die kenmerkende “bril” gee. Daar is geen wit op die keel nie. Hulle maak nes op die Tristaneilandgroep. Buite broeityd swerf hulle rond, onder andere aan die Suid-Afrikaanse weskus en die …