#Aardklop Byderhand

Ervaar nuwe werk van skrywers en kunstenaars soos T.T. Cloete, Strijdom van der Merwe, Hans du Plessis, Harry Kalmer, Khayalethu Mtshali, Roela Hattingh, Johan Myburg, Sophia Kapp, Franci Greyling, Frederick J. Botha, Susan Smith, Gerrit Jordaan, Zinelda McDonald en Deon Meiring.

Byderhand behels ’n interaktiewe leesfees vir oud en jonk. Laai ’n QR-leser af op jou selfoon of tablet en lees verse en verhale in Potchefstroom oor Potchefstroom. Doen dit rustig op jou eie tyd op enige feesdag wat jou pas. Lees meer by www.byderhand.net oor die hoe, wat en waar.

Dit is die eerste keer dat so iets by ’n fees aangepak word en bied ’n heel nuwe ervaring vir feesgangers.

Dit word aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns van die NWU en is moontlik gemaak deur Die Dagbreek Trust.

Genre: Interaktiewe woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Potchefstroom

Aardklop 2015

Byderhand,
Roekeloos,
25 Augustus 2015.

2.5

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply