Een trekklavier, drie klaviere, tien pianiste, twintig hande – maar net een hart.
’n Huldeblyk aan die geliefde pianis Christa Steyn. Tien uiteenlopende kunstenaars op een verhoog met veral twee
dinge gemeen – die klavier en liefdevolle respek vir Christa.
Selde sal die gehoor die kans kry om in so ’n uitsonderlike musiekervaring te deel: solo’s, duette, improvisasies en skermutselings.
Met: Brandon October, Jak de Priester, Pedro Kruger, Lize Beekman, Laurinda Hofmeyr, Matthys Maree, Ollie Viljoen, Anna Davel, Janine Neethling, Roelof Colyn en Alexa Strachan as seremoniemeester
KKNK 2012
Afrikaans & Engels
Genre: Instrumentaal, Kontemporêr
90 minute
R100
Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
5 April 20:30 6 April 10:00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Lewer kommentaar