Diep

Daar is talle style in Afrikaanse musiek. Die snykant van al dié genres is musiek met oorspronklike melodieë en liriek. Dit is, volgens Hoezit Musiek, wat die cd, Diep – Musiek Vir Jou Siel – bied. Styl.

Met 19 snitte, vertolk deur van die land se puikste musici en kunstenaars, kry jy tintelende stylvarsheid. Die album is ‘n toonvenster van ware vakmanskap; melodieë wat bybly en lirieke wat aangryp.

Talentvolle nuwelinge soos Theuns Jordaan, Laurinda Hofmeyr en Anna Davel blink saam met bekroonde kunstenaars soos Johannes Kerkorrel en Lieze Stassen tussen tydlose sterre soos Laurika Rauch en David Kramer met “So long Skipskop” – ´n skaarsheid op ‘n versamel-album.

Met stembetowering deur Mathys Roets, Helena Hettema, Karla du Plessis en Kevin Leo. Stylvolle musiekgenres word ontgin deur Koos Kombuis, Herman van den Berg, André Michael en Eugenie.

Dit is gehaltemusiek met nisstyl wat nie net die fynproewer nie, maar ook ánder musiekliefhebbers, tevrede sal stel.

Die indrukwekkende speellys lyk so: “Die gang” – Laurika Rauch, “Tolbos in die wind” – Helena Hettema, “Langs die pad” – Karla du Plessis, “Liewe broer” – Kevin van der Spuy, “Wonder” – Mathys Roets, “Visserman” – Theuns Jordaan, “Skadu’s teen die muur” – Johannes Kerkorrel, “Molberge” – Karla du Plessis, “Te diep” – Anna Davel, “Knoop vas jou jas” – Lieze Stassen, “Klein verbond” – Theuns Jordaan, “Kraaitjie melaatjie” – Herman van den Berg, “Hillbrow” – Johannes Kerkorrel, “Lalie” – Koos Kombuis, “Teen die prikkels” – André Michael, “So long Skipskop” – David Kramer, “Gisteraand op dusketyd” – Laurinda Hofmeyr, “Koebaai” – Eugenie en “Gebed” – Karla du Plessis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply