Diep

Daar is talle style in Afrikaanse musiek. Die snykant van al dié genres is musiek met oorspronklike melodieë en liriek. Dit is, volgens Hoezit Musiek, wat die cd, Diep – Musiek Vir Jou Siel – bied. Styl. Met 19 snitte, vertolk deur van die land se puikste musici en kunstenaars, kry jy tintelende stylvarsheid. Die …

Johannes Kerkorrel

Terwyl hy nog as ‘n joernalis gewerk het, het Johannes Kerkorrel in 1986 vir die eerste keer die verhoog betree. Hy het ‘n uiters satiriese politieke kabaret saam met die skrywer Elmarie Kitshoff en die sangeres Lieze Stassen by die Green Room in Kaapstad aangebied.