Faustus in Africa!

Dertig jaar na die première en na dawerende sukses, kom William Kentridge en die Handspring Puppet Company weer bymekaar om Faustus in Africa! aan te bied by The Baxter van 26 Februarie tot 22 Maart 2025.

Johannes Kerkorrel

Terwyl hy nog as ‘n joernalis gewerk het, het Johannes Kerkorrel in 1986 vir die eerste keer die verhoog betree. Hy het ‘n uiters satiriese politieke kabaret saam met die skrywer Elmarie Kitshoff en die sangeres Lieze Stassen by die Green Room in Kaapstad aangebied.