Dié Suid-Afrikaanse pianis uit Londen, dra ’n gevarieerde en opwindende program voor met Robert Schumann se immergewilde Carnaval Op. 9 en die Simfoniese Etudes Op.13, sowel as drie Preludes van Claude Debussy.
Hierdie klankportrette gee kleurvolle aspekte van die Franse impressionisme weer en die luisteraar word weggevoer na ’n mistige towerlandskap, die misterieuse wêreld van ’n waternimf en ’n flambojante vuurwerkvertoning.
MET Ben Schoeman
Genre: Klassieke musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R120
Plek: NGK Park, Oudtshoorn
Datum: 27 MAART 18:00 | 28 MAART 11:00
Ben Schoeman speel Schumann,
Roekeloos,
25 Maart 2016.