Minette du Toit-Pearce lei fees in

Minette du Toit-Pearce is in 2006 as die wenner van ATKV-Muziq, ‘n klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici, bekroon. Sy stuur 2011 se Klein Karoo Klassique se vokale musiek van stapel met ‘n veelsydige program wat werke van Vivaldi, Rossini, Schubert, Richard Strauss, Saint-Saëns, Obradors en Bizet insluit, asook Pieter de Villiers se geliefde Sewe Boerneef-liedjies en ligter liedere van Christa Steyn en Leonard Cohen.

Kaartjies sluit die konsert met daarna ’n glasie wyn en ’n heerlike Klein Karoo-vingerete in.

Klein Karoo Klassique 2011

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar