Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Elizma Theron, Gerhard Steyn, Sorina (Flooze van 7de Laan) en Armand Hofmeyr tel onder die 29 bekende sangers wat op 13 November 2010 gaan optree tydens AfriForum se Afrikaanse musiekfees ter viering van Pretoria se 155ste verjaarsdag.
Die fees sal DV van 07:00 tot 15:00 op die Voortrekkermonument se terrein plaasvind. Rekord tree op as mediavennoot.
Toegang is GRATIS! Geen besprekings is nodig nie. Bring net ʼn opvoustoel en kom geniet die dag saam met AfriForum. Daar sal ook stalletjies met eet- en drinkgoed wees.
Die volledige lys van kunstenaars wat optree is: Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Elizma Theron, Gerhard Steyn, Sorina (Flooze van 7de Laan), Jay, Fredi Nest, Karlien van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, DJ Ossewa, Sean Else se nuwe groep 34̊ Suid, Wasserfall, Armand Hofmeyr, Jakkie Louw, Ghapi, Vaughan Gardiner, Mel Botes, Adam Tas, Beeskraal, MD Greyling, Jennifer Zamudio, Saarkie, Jeanette van Staden, Julian Hepburn, Ridder de Jongh en die Dirk Fourie boere-orkes.
Sean Else gaan as seremoniemeester optree.
Van die bekendste kunstenaars gaan ook vanjaar vroeg optree om te verseker dat die dag vanaf 07:00 tot 15:00 propvol gesinsvermaak is.
Albei hekke van die Voortrekkermonument (Eufees- en Smutslaan) sal oop wees om verkeersknope te voorkom. Indien julle enige navrae het, skakel AfriForum by 086 10 200 30.

13 November 2010
07:00-15:00
Voortrekkermonument