#Woordfees Anton Goosen – Die liedjieboer

Vra vir enige jong Afrikaanse liedjieskrywer watter kunstenaars ’n invloed was en een naam gaan beslis opduik: Anton Goosen – die onmiskenbare vader van Afrikaanse rock; die liedjieboer wat Afrikaans cool gemaak het, die establishment ontstig het, die sensuurraad laat kop krap het en die musiek laat praat het.

Anton word op 5 Maart 70 en ons bring hulde aan hom en sy musiek saam met verskeie ander musieklegendes. Hierdie is ’n verjaardag wat ons saam met Anton vier – ordentlik!

* Debuut *

Met: o.a. Anton Goosen, David Kramer, Sonja Heroldt, Gert Vlok Nel en Gian Groen

Musikale regie: Schalk Joubert

Vervaardiger: Alexa Strachan

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R200, R150, R120 | R220, R170, R140 by die deur
Plek: Spier-amfiteater, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 20:30

Woordfees 2016

Anton Goosen – Die liedjieboer,
Roekeloos,
10 Februarie 2016.

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar