#Woordfees Brylcreem, Mozart & Hendrik Susan – ’n musikale kykie na die 50’s

Die 50’s was ’n interessante musikale era wat die klanke van die Crooners, Elvis Presley se rock ’n roll, Maria Callas se opera-arias, asook die kwêla-klanke van Sophiatown ingesluit het.

In Afrikaans is daar in die vyftigerjare onder meer geluister na Hendrik Susan, Chris Blignault, Nico Carstens en Al Debbo, asook Onse Mimi.

Dié produksie voer jou mee op ’n nostalgiese tog na die musiek van daardie era.

* Debuut *

Met: Corlea Botha, Jannie Moolman, Timothy Moloi, Noluvuyiso Mpofu (ATKV-Muziqanto 2015-wenner), Nadia Beukes en Hannes van Wyk

Musiekregie: Eddie Clayton

Vervaardiger: Ilse Schürmann, namens die US Woordfees

Genre: Musiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 25 minute
Kaartjies: R200, R150, R120 | R220, R170, R140 by die deur
Plek: Spier-amfiteater, Stellenbosch
Datum: 13 Maart 20:30

Woordfees 2016

Brylcreem, Mozart & Hendrik Susan – ’n musikale kykie na die 50’s,
Roekeloos,
15 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar