Politiek en TV

Met die oog op die komende verkiesing en die aanklagte teen Jacob Zuma ondersoek Suid-Afrikaanse TV-kanale glo verskeie nuwe opsies vir speletjies- en realiteitsprogramme.
SABC 1 gaan voort met Deal or No Deal, SABC 3 ondersoek die moontlikheid van Strictly Come Toi-Toi en MNet dink aan Who wants to be the president.
SABC 2 het egter gesê hulle gaan niks verander nie aangesien hulle al jare op die regte spoor is met politici se gunsteling, Noot vir Noot.