Die Van Aardes van Grootoor

Die Van Aardes van Grootoor is ‘n Afrikaanse skat uit die pen van Pieter-Dirk Uys.

Dertig jaar gelede het Die van Aardes van Grootoor Suid-Afrika verower. Dié stuk het toe vir twee jaar ononderbroke in teaters gespeel. Ons het toe heerlik vir onsself gelag en nou, in 2012, is dit weer tyd om desjare se lagkrane oop te draai.

Kom kuier by die van Aardes van Grootoor en beleef die familie-intriges wat oor drie dekades afspeel. Dit is ’n epiese “vervolgverhaal” van ’n familie wat hulle erfgrond moet beskerm teen alles wat volksvreemd is. Hulle plaas alles wat preuts is op die spel en verdoesel in die proses ’n paar geheime. Maar jare later kruip en prut elke
sondetjie uit elke holtetjie, waar dit altyd ingesteek en weggesteek is.

Selfs die versteekte heilige koeie kom onder die loep, in seker een van die snaaksste toneelstukke wat nog plaaslik geskryf is.

Interressante inligting oor Die Van Aardes van Grootoor:

  • Die regering se sensuurpanele is destyds goed besig gehou deur die stuk.
  • Die Laager Teater in Johannesburg is geskep om die toneelstuk te huisves.
  • Pieter-Dirk Uys het inspirasie gekry vir Evita Bezuidenhout uit hierdie speelvak, toe moes instaan vir ‘n aktrise.
  • Vandag skater gehore steeds vir die onbesonnenhede, maar ‘n element het bygekom – die visionêre blik wat die dramaturg op die toekoms gehad het.
Die Van Aardes van Grootoor
Die Van Aardes van Grootoor

Met: Anna-Mart van der Merwe, Marion Holm, Esther von Waltsleben, Pierre van Heerden, De Klerk Oelofse, en Noxolo Bodlani.
Teks: Pieter-Dirk Uys
Regie: Albert Maritz
Tegnies: Gaerin Hauptfleisch en Alex Marais
Beligting: Alma Rossouw

Rooi en Die skyn van vernis is van 7 tot 9 November in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville die voorgereg tot Pieter-Dirk Uys se Die Van Aardes van Grootoor. Rooi op 7 en 8 November en Die skyn van vernis op 9 November. Die Van Aardes van Grootoor se professionele geselskap, onder leiding van Albert Maritz, sluit in Anna-Mart van der Merwe, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Rooi en Die skyn van vernis word opgevoer deur die tienertoneelgroep van die Hoërskool Durbanville.

Kaartjies is R100 per volwassene, en R50 per skolier.
Die vertonings begin om 19h00.
Kaartjies is te koop by Neelie by 079 4415 219.

Die Van Aardes van Grootoor
Die Van Aardes van Grootoor

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Dit is tragies dat soveel van die publiek ( en ingesluit “stupid” ek) dit kon toelaat om omgepraat te raak d.m.v bemarking en advertensie foefies om na so swak toneelstuk met sulke briljante spelers te gaan kyk

    Ek kon nog niemand vind wat dit gesien het wat nie gedink het dit is gemors nie
    Sien hierdie met dankbaarheid vir die kunste as positiewe kritiek

Lewer kommentaar

Leave a Reply