Die wenners van vanjaar se Fiëstas is gisteraand by ’n glansgeleentheid van kykNET by die Kunstekaapteater in Kaapstad bekend gemaak. 

Dit is vanjaar die sewende jaar wat die Fiëstas aangebied is. Dié toekennings vereer die beste van

die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika.

Vanjaar se wenners is:

Beste opkomende kunstenaar:  Faith Kinniar – Valencia – KKNK

Beste teaterontwerp:  Francois Toerien & Kosie Smit – Heidi – KKNK

Lewensbydrae tot musiek:  Acáma Fick

Beste vroulike byspeler:  Nicole Holm – In Ongenade – Woordfees

Beste manlike byspeler:  Dawid Minnaar – Die Huis van Bernarda Alba – KKNK

Beste prestasie in ‘n solo-vertonining:  Richard September – Rooivalk – Woordfees

Lewensbydrae tot musikale teater:  Alvon Collison

Beste musiekgedrewe produksie (arena):  Charl du Plessis – Big Band Boogie Woogie – KKNK

Beste musiekgedrewe produksie (podium):  Hunkering na die ses – SOF

Beste musiekgedrewe produksie (teater):  Heidi – KKNK

Lewensbydrae as kunste-filantroop:  Ton Vosloo

Beste prestasie in klassieke musiek:  Corelli & Co. – Stefan Temmigh & Erik Dippenaar – Woordfees

Beste prestasie in visuele kuns:  Alex Hamilton – Kurator van visuele kunsprogram – Woordfees

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie:  Nico Scheepers – Rooivalk – Woordfees

Beste regie:  Marthinus Basson – Die Gangsters – Woordfees

Beste aktrise:  Ilse Klink – Kristalvlakte – SOF

Beste akteur:  Stefan Erasmus – As – Woordfees

Gewildste fees:  Innibos

Beste aanbieding:  Rooivalk – Woordfees

kykNET se Bloustoel-Toekenning gaan aan KKNK vir die Uitkampteater inisiatief.

Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry en Innibos is as Gewildste Fees benoem deur ’n publieke stemproses.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply