#innibos Die ontelbare 48

Dis Woensdagaand op ’n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die kerksaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt en veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om vanaand The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.

Hierdie is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ’n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.

Hierdie eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius waarin hy ook self speel en die regie behartig het.

* Debuut *

Met: Wessel Pretorius

Regie en teks: Wessel Pretorius

Stelontwerp en beligting: Gaerin Hauptfleisch

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R102
Plek: Laerskool Bergland, Nelspruit
Datum: Di 28 Junie 18:00; Wo 29 Jun 13:00; Vr 1 Jul 13:00; Sa 2 Jul 16:00

Innibos 2016

Die ontelbare 48,
Roekeloos,
17 Mei 2016.

4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar