#innibos Pa, maak vir my ʼn vlieër, Pa

Hierdie produksie is ’n huldeblyk aan skrywer Chris Barnard. Pa, maak vir my ’n Vlieër, Pa is ’n toneelstuk uit sy pen wat tydloos en na soveel jare steeds hoog aangeslaan word.

Org, ’n middeljarige man, versorg sy sieklike moeder jare lank nadat ’n vreemdeling haar van ’n gewisse dood gered het. In die eng ruimte van ’n beknopte woonstel ontvou ’n verhaal van skuld, liefde en verwyt, maar ook aanvaarding. En wie is die jong man wat dan aan die deur kom klop op soek na sy pa?

* Debuut *

Met: Sandra Prinsloo, Waldemar Schultz en Wilhelm van der Walt

Regisseur: Albert Maritz

Teks: Chris Barnard
Stelontwerp en beligting: Gaerin Hauptfleisch

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R132
Plek: Laerskool Nelspruit, Nelspruit
Datum: Di 28 Jun 09:00; Wo 29 Jun 15:00; Do 30 Jun 10:00; Vr 1 Jul 18:00; Sa 2 Jul 09:00

Innibos 2016

Pa, maak vir my ʼn vlieër, Pa,
Roekeloos,
17 Mei 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply