My plaas se naam is Vergenoeg, onlangse wenner van die Sanlam Teater-prys vir Afrikaanse teater wat by die Volksbladfees in Bloemfontein plaasgevind het, is geskryf deur George Weideman, wenner van die prys vir beste teks, en die regie word behartig deur Johan Esterhuizen, wenner van die prys vir beste regie.
Die stuk speel af tydens ´n Kommissiesitting om te bepaal of die eertydse plaashulp, Grace Boois, haar seun op die Veldsman se plaas, Vergenoeg, mag begrawe. In die semi-woestynlandskap waarin dit afspeel, lewer ´n Dierekoor kommentaar op die Kommissie en die mens se besitlikheid. En tussen mens en dier beweeg die vormwisselaar, Altydanders, seun van Tsoei-Goab. Dit is ´n beeldryke stuk waarin die geskiedenis en die hedendaagse teenoor mekaar afspeel. Die rol van Grace Boois word vertolk deur Jackie van den Heever, wat die prys vir beste akteur verower het.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
